Kyle Larson

Kyle Larson

Kyle Miyata Larson (gebore in Sacramento, Kalifornië, 31 Julie 1992) is 'n Amerikaanse professionele motorjaer wat in die NASCAR Cup-reeks gejaag het.

Larson het hom vanaf die 2014-seisoen tot die begin van die 2020-seisoen by die Chip Ganassi Racing-span aangesluit in motor nommer 42.[1][2] Vir hierdie span het hy nege renoorwinnings behaal. Hy is uit NASCAR-byeenkomste geskors en in April 2020 uit die Ganassi-span weggelaat weens 'n voorval van rassistiese uitlatings in 'n virtuele resieswedren.

NASCAR herstel Larson se status in Oktober 2020.[3] Vanaf die 2021-seisoen jaag hy vir die Hendrick Motorsports-span in motor nommer 5.[4]

  1. Ryan, Nate (30 Augustus 2013). "Chip Ganassi on Kyle Larson: 'The kid's ready'". USA Today. Gannett Company. Besoek op 30 Augustus 2013.
  2. Bob Pockrass (30 Augustus 2013). "Chip Ganassi says new driver Kyle Larson ready for Sprint Cup - NASCAR". Sporting News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 September 2013. Besoek op 22 Januarie 2014.
  3. "NASCAR reinstates Kyle Larson, clearing him for return | NASCAR". Official Site Of NASCAR (in Engels (VSA)). 19 Oktober 2020. Besoek op 20 Oktober 2020.
  4. "Hendrick Motorsports signs Kyle Larson for 2021 season - NBC Sports". NASCAR Talk | NBC Sports (in Engels (VSA)). 28 Oktober 2020. Besoek op 28 Oktober 2020.

Developed by StudentB